April 4, 2024
1,215
70
2
5.93%
Every word spoken in this episode is indexed. Type any phrase to jump straight to the moment it was said.
Type any word or phrase that may have been spoken. Click a result to seek the player to that exact moment.
Try a name, a topic, or a quoted line
10:35Now PlayingEk en kollega, Ilze Nieuwoudt het op Pretoria FM met James Kemp gesels oor die dokumentêre film, Boers in Carpathia en die boek, Betrekkinge tussen Afrikaners en Hongare, 1652–2023.
Die dokumentêr fokus op die parallelle tussen die kulture en erfenisse van die Afrikaners en Hongare. Dit word aangebied om die Hongare en Afrikaners aan mekaar voor te stel en om lesse uit te ruil wat hierdie twee kultuurgroepe die afgelope paar dekades geleer het. Verskeie invloedryke Hongare het aan die vervaardiging van hierdie film deelgeneem. Die lokprent is pas gepubliseer.
By dieselfde geleentheid beoog ons om die boek, Betrekkinge tussen Afrikaners en Hongare, 1652–2023 vry te stel. Hierdie boek vertel die verhaal van twee oënskynlik verskillende kulturele gemeenskappe wat deur die eeue 'n unieke, maar grootliks onbekende band gesmee het. Dit stel onder meer ondersoek in na Afrikaners wat voor die Eerste Vryheidsoorlog inspirasie geput het uit die Hongare se vryheidstryd van die 1840's; inspirasie geput deur die Hongare uit Boere-oorlogshelde; Hongare wat tydens die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika kom veg het; verhoudings wat te midde van die Koue Oorlog gekoester is en die hernieude vriendskappe wat deur die instellings van die Solidariteit Beweging na die ANC-oorname van Suid-Afrika geïnisieer is.
Sentinel Indexing in Progress
Metadata and chapters are available. Claim extraction for this episode is pending.
All video content is delivered via YouTube embedded players in accordance with the YouTube Terms of Service. Sentinel provides research tools that promote discovery and accountability across political media.