September 7, 2022
1,984
203
30
11.74%
Every word spoken in this episode is indexed. Type any phrase to jump straight to the moment it was said.
Type any word or phrase that may have been spoken. Click a result to seek the player to that exact moment.
Try a name, a topic, or a quoted line
25:38Now Playing❗️AANKONDIGING❗️
AfriForum stuur 'n verskerpte veldtog teen plaasmoorde en haatspraak van stapel. Die veldtog sal op agt bene staan. In hierdie video vat ek die groot dinge saam wat ons beplan vir die maande wat voorlê. Ek deel ook meer inligting oor die appèlsaak wat voorlê, die nuwe dokumentêre film waarmee ons reeds besig is, aksies wat ons beplan om mense in die buiteland meer te betrek en ook die Amerikaanse skakeltoer wat hierdie naweek afskop, waar ek onder meer volgende week 'n konferensie in New York gaan toespreek oor haatspraak en plaasmoorde in Suid-Afrika.
Die veldtog is bedoel om interaktief te wees. Kyk asseblief die video en deel dit asseblief met jou vriende... maar belangriker nog, raak betrokke!
“Dit is nie die kritikus wat belangrik is nie; nóg die mens wat uitwys hoe die sterke struikel of waar die man van die daad dit beter kon doen. Die erkenning kom dié een toe wat werklik in die strydperk staan, wie se gesig met stof en sweet en bloed besmeer is; wat moedig worstel; wat foute begaan, wat keer op keer tekort skiet, want geen poging kom sonder foute en tekortkominge nie; maar wat werklik daarna streef om die dade te doen; wat grootse geesdrif toon en grootse toewyding; wat homself vir ’n verdienstelike saak uitput; wat aan die einde ten beste die oorwinning van hoë prestasie ken; en wat op die ergste, as hy misluk, ten minste misluk terwyl hy aansienlik waag, sodat hy nooit sy plek sal inneem naas daardie koue en verleë siele wat nóg oorwinning, nóg mislukking ken.”
- Theodore Roosevelt
Mag ons onsself nooit daaraan skuldig maak dat ons op die kantlyn staan en kritiek lewer sonder om daadwerklik deel van die oplossing te word nie.
Mag ons nooit daaraan skuldig wees dat ons nie foute maak nie, omdat dit eenvoudig daarop dui dat ons nie genoeg doen nie.
Mag ons kinders eendag van ons sê dat ons gedoen het wat nodig was om dit wat ons van ons ouers ontvang het, te bewaar, dat ons dit uitgebou het, en dat ons dit oorgedra het vir dié geslag wat na ons kom.
Sentinel Indexing in Progress
Metadata and chapters are available. Claim extraction for this episode is pending.
All video content is delivered via YouTube embedded players in accordance with the YouTube Terms of Service. Sentinel provides research tools that promote discovery and accountability across political media.